Messages contained on this page does not reflect the views of DelmasMall.co.za.
Only subscriped users can contribute to this page.
| Ons wil net groot dankie se aan Delmas: | ||
| dmadmin het die volgende gesĂȘ op 2012-02-05 | ||
| Ons het 2 x hondjies verloor deur vergiftiging op 1 Februarie: Dr Danie Nolte vir al sy hulp en omgee; Gemeenskap van Delmas.....JULLE IS KOSBAAR! KOOS EN HESTER STRYDOM | ||
| A big thank you to Sundra Police ... | ||
| dmadmin het die volgende gesĂȘ op 2012-01-10 | ||
| I was robbed this weekend and would like to really say a big thank you for the support and frindeliness recieved from the Sundra police they made me feel secure and are following up the whole time. So would just like to say thank you for showing me that we can still have faith in some of our police force. Also a big thank you to AAA commnunity watch in Eloff wow, Wikus a Big thanks to you too. Ronnelle Laas | ||
| Thank you dr van Heerden (Delmed Centre) | ||
| dmadmin het die volgende gesĂȘ op 2012-01-09 | ||
| I WANT TO THANK DR A.L.C. VAN HEERDEN FROM THE DELMED CENTRE FOR BEING SUCH AN AWSOME DR IN DECEMBER WHEN WE NEEDED HIM. WHAT A WONDERFUL PERSON AND DR IN A CASE OF EMERGENCY NOT CHASING AFTER MONEY BUT TRULY THERE TO HELP A PERSON. THANKS DOC. GREETINGS GERRIT AND BENITA TRYTSMAN | ||
| Saddle theft in Eloff: | ||
| dmadmin het die volgende gesĂȘ op 2011-12-06 | ||
| Good day Delmas Community, On Sunday evening there was a break-in and theft on a plot in Eloff and the following saddles worth R100 000 were stolen: - A brown bates caprilli - A black wintec Isabella - 2 x black kiefers - 2 x western saddles - A solo cut back - 2 x trident gp saddles - 2 x liversage endurance saddles This is not an everyday occurrence, so please be alert if you see or hear of anyone selling expensive saddles! Anyone with information, please contact the Sundra Police on 013 661 1224/5 Warm Regards Cllr Diane Bath Ward 8 ,Delmas Cell: 082 571 5616 dianeb@conteltech.co.za | ||
| Good news for Delmas! | ||
| dmadmin het die volgende gesĂȘ op 2011-12-06 | ||
| The Delmas Water Purification plant( dubbed the white elephant) was finally commissioned on Friday the 2nd December 2011 by the District Mayor, Cllr SK Mashilo. The cost of the plant is R80 million. In 2007 the water treatment plant was proposed to treat all the borehole water before it is released into the portable water networks. This plant with a treatment capacity of 15ml/day was constructed and finally opened last Friday. The plant has a couple of unique design features. The following highlights these features: - Raw water reservoir - Chemical dosing - Up flow filters - Ozone dosing plant - Down flow filters - Chlorination of final effluent - Process trains and - Fliter backwash systems The DA in Delmas fought long and hard for answers as to why the plant took so long and the cost so high, however the Water purification plant is now running successfully and the DA Councillors in Delmas will be watching the maintenance of this plant closely to ensure the standard of the water quality remains high ! Warm Regards Cllr Diane Bath Ward 8 ,Delmas Cell: 082 571 5616 dianeb@conteltech.co.za | ||
| Feedback on PnP "Scan right guarantee" | ||
| dmadmin het die volgende gesĂȘ op 2011-11-23 | ||
| We at Pick n Pay Delmas stive to do our best.Occasionally their are mistakes concerning prices/out of stocks etc,for whatever reason.We are human and are not perfect.My team and I are here to give you an exellent shopping experiece and to listen to your griviences.Remember we are also humans.We are not here to do any custormer in or rip any customer off,we are here to render a service to the community in general. Wishing all Pick n Pay Delmas a wonderful shopping experience. Celso (Director Pick n Pay Delmas) | ||
| Pick 'n Pay | ||
| santie het die volgende gesĂȘ op 2011-11-22 | ||
| Ek weet nie hoeveel van u bewus is van Pick 'n Pay se "Scan Right guarantee" nie. Ek heg dit hieronder aan net soos dit op die Pick 'n Pay webtuiste voorkom. Scan right guarantee - At the time of purchase, if any item scans at a different price to that displayed on the shelf label and the bar-code corresponds, then that item is free. The balance of the purchase of the same product will be at a lower price. Pick 'n Pay Delmas is een van die Pick 'n Pays wie se pryse op die strepieskode op die rak in baie gevalle verskil van die prys wat by die kasregister skandeer. Jy is dan veronderstel om volgens die "Scan Right Guarantee" die produk verniet te kry of nog een van dieselfde produk te kry. Wanneer hulle daarop gewys word is hulle baie kwaad en het baie storietjies, maar ons moet op ons regte begin staan. Ek moet sĂȘ Frankie is baie behulpsaam in die verband. Onthou, die "guarantee" geld by ALLE Pick 'n Pay winkels. Wees oplettend hierdie Kersseisoen en moenie dat ons as kliĂ«nte ingedoen word en die groot kettingwinkels se base lag al die pad bank toe nie! Santie Rohde | ||
| DELMAS CANSA sĂȘ Dankie!!!! | ||
| dmadmin het die volgende gesĂȘ op 2011-10-14 | ||
| Ons wil net baie dankie sĂȘ aan almal wat ons ondersteun het met die afgelope 3dae se borsondersoeke ens wat gehou is. Ons mikpunt is voorkoming, ons het 56 borsondersoeke en papsmere gedoen. Ons het tien gevalle gekry wat verder ondersoek moet word. Cansa kry nie geld uit die ondersoeke nie, die R100 gaan net so vir die labatorium wat die papsmere toets vir kanker. Kanker is tans aan die toeneem onder jonger vrouens. As vrouens het ons ân verpligting teenoor ons self om na ons borste te kyk, en te weet dat ons die keuse kan uitoefen om jaarliks ons liggame te kan ondersoek en dan kan ons ân gesonde lewe vorentoe te kan hĂȘ. Ons doen dit weer in Oktober 2012, en ons gaan weer ân iets vir manne hou ter bewusmaking van prostaatkanker. CANSA Groete .... | ||
| Pluimpie aan Rossouw/Rossgro Groep | ||
| stickersig het die volgende gesĂȘ op 2011-08-23 | ||
| Hoe meer jy belĂȘ in jou gemeenskap, hoe meer sal jy ontvang! Hiermee getuig ek dat die Rossouw/Rossgro Groep krediet verdien vir die wyse waarop hul Sticker & Sign World as 'n plaaslike onderneming ondersteun. Hul volgehoue ondersteuning help ons weer om te groei. Mens besef nie altyd die sneeubal wat so iets aan die rol sit nie. Eerstens lei dit tot meer werksgeleenthede in ons area, wat lei tot beter lewenstandaarde vir meer mense, wat lei tot meer menswaardigheid, wat lei tot vermindering in misdaad en so kan mens uitbrei op 'n elle lange lys van voordele wat deur so aksie geraak word. My opregte dank aan Oom Chris, familie en span. Graag dra ek 'n aanhaling van Napoleon op aan u: "Leiers is handelaars van hoop" Kobus Venter - Sticker & Sign Delmas | ||
| Wenakker Kwekery | ||
| paaldepot het die volgende gesĂȘ op 2011-08-22 | ||
| Aandag alle Delmas inwonwers, Ek wil dit onder julle aandag bring dat Wenakker Kwekery op Eloff toe gemaak het. Julle kan dus nog die behandelde pale kom aankoop by Die Paal Depot wat voorheen deur die kwekery verkoop is maar geen plante en blomme is meer beskikbaar nie. Baie dankie | ||
| Hoe hanteer 'n Christen 'n Petrolkrisis? | ||
| Gabriel Snyman het die volgende gesĂȘ op 2011-07-14 | ||
| Ek skryf vinnig. Ek het nie die kwessie lank en van alle kante af deurdink nie. Maar ek was nou net in die tou by Delmas se enigste bron van Petrol. Ek sit en kyk na die gespanne gesigte, die ongeduld en die "survival of the fittest" gesindheid wat oorneem. Ek voel van hierdie dinge ook by myself. En toe dink ek...hoe sou Jesus hierdie situasie hanteer het. Hier is 'n paar gedagtes wat by my opgekom het... Miskien sou hy gereĂ«l het dat ambulanse en sekuriteitsvoertuie eerste volgemaak word. Daarna Taxi's wat baie mense op een slag kan vervoer, dan klein karretjies wat lig is op brandstof. Miskien sou hy die groot 4x4's wat sanduine kan uitry (mmaar nooit doen nie) net volgemaak het as hulle belowe het om in hierdie tyd nooit minder as sewe mense te vervoer nie. Miskien sou Jesus saamryklubs gereĂ«l het tussen mense wat op dieselfde plekke werk. Die reĂ«ling sou nie net petrol vier keer langer laat hou het nie maar vier mense binne die bestek van 'n week, vriende laat word het. Miksien sou Jesus sy mense op Delmas aangemoedig het om wanneer hulle besigheid op die dorp het te stap of fiets te ry. Party mense sal as hulle dit doen skielik beleef hoe hulle gewig saam met hulle stresvlakke en medikasiekoste afneem. Ander sou agtergekom dat hulle tien keer lekkerder met hulle kinders gesels terwyl hulle stap as in 'n kar. Miskien sou Jesus geglimlag het en met mense gesels het wat buffer aan buffer met wit kneukels hulle stuurwiele vasklouterwyl hulle kwaad raak vir enige iemand wat lyk of hy dalk kan indruk. "Maar ek is nie Jesus nie!", hoor ek jou sĂȘ. Wel, Hy lewe in jou en as jy Hom toelaat kan Hy ook deur jou lewe...ook in 'n krisis...wanneer dit die grootste verskil maak. As Sasol se 20- miljoen -rand -'n- jaar base dalk dieselfde vraag as ek gevra het, was daar dalk nooit eers 'n staking nie. Hulle sal 'n rukkie vat om dit te besef, so oefen nou reeds om 'n christen in 'n petrolry te wees...ek het probeer en dit nie 100% reggekry nie maar dit was lekker! Gabriel Snyman - Delmas | ||
| MTN Delmas poor service delivery | ||
| vdlinde het die volgende gesĂȘ op 2011-07-13 | ||
| To transfer ownership of a contract takes our own Delmas MTN 6 weeks (and still not complete), this is poor service delivery in all possible ways! If you ask them how far they are, they will say it is pending, but will never follow up on your request!They are just fixated on there own little problems, but never attend to the customer! This is bad and poor service, sorry but I will never do business with them or with MTN again! MTN, please sort out your House! You are losing customers! | ||
| WATER PROBLEEM IN ELOFF!!! | ||
| bernedette het die volgende gesĂȘ op 2011-07-07 | ||
| Vir die afgelope week is Eloff elke dag 2 keer sonder water. Dis elke oggend en elke aand, en dan bly die water af vir ure. Kan enige iemand my dalk net inlig wat die probleem daar is?? Die tye val so mooi in die tyd wat jy wil gaan bad of skottelgoed was. In die oggende moet jy hoop jy kan tande borsel want moontlik is die water al klaar af!!! Bernedette Vorstman | ||
| Terugvoering vanaf Stadraad tov paaie in Delmas ... | ||
| dmadmin het die volgende gesĂȘ op 2011-06-09 | ||
| (Wil net noem dat hierdie skrywe op 09/06/2011 ontvang is vanaf Mnr Ronald du Toit ("Spokesperson of the Mayor"). Na herhaaldelike e-posse aan Mnr du Toit is die terugvoering 1 maand later ontvang.) Greetings! The state of Delmas roads has been deteriorating in the past years due to an increase on traffic volume informed by developments in the town. The matter received priority status informed by the outcry from the community and the Councilâs interest in attracting investors into Delmas. This necessitated the re-construction of strategic roads. A submission of re-construction of roads in Delmas was made to Nkangala District Municipality via the Integrated Development Plan. Nkangala District Municipality has since appointment contractors to reconstruct roads in Delmas. These roads include Samuel Road, Van Der Walt Street, 1st Street and Lawa street. All the contractors on site are appointed and have entered into an agreement with Nkangala District Municipality. The agreement includes the project timeframe. The current situation might not be ideal; however it is crucial for long term solution and proper road maintenance. Sincere apology is sent to Delmas residence and road user. We urge them to continue in showing tolerance until the road work is done. We anticipate that some work will be completed mid-July. Ronald du Toit | ||
| Die paaie | ||
| Debbie het die volgende gesĂȘ op 2011-05-25 | ||
| Hallo mense, ja dit sal nogal wonderlik wees as hulle die pad tussen Delmas en Bronkhorstspruit ook regmaak. My arme Mazda val behoorlik uitmekaar uit. Die Munisipaliteit maak die gate toe, maar nie behoorlik nie, die trokke ry dit weer uit of dit reen uit. Ek wonder soms of die munisipaliteit vir my 'n nuwe motor of bande gaan koop, maar nou ja mens kan seker maar net droom ne. Die verkiesing is mos nou verby, nou gaan daar weer niks gebeur nie... Debbie | ||
| Delmas, Delmas!!!! | ||
| Cindy Naude het die volgende gesĂȘ op 2011-05-23 | ||
| Baie dankie dat julle 'n poging aanwend om op paaie meer begaanbaar te maak. Dit word regtig waardeer. MAAR, kan julle asb nou die strate wat eerste opgedolwe is klaar maak voor julle nou nog strate opdolwe, en vertrap met al die swaer verkeer!! Ek moes vanoggend 'n 8km draai ry om my kinders by die hoërskool af te laai(en ek bly maar 1,5km van die skool af). Dit oor die swak beplanning in die dorp!! Cindy Naude .... | ||
| Ontstoke Bothma Straat inwoner!! | ||
| Wilma Snyman het die volgende gesĂȘ op 2011-05-23 | ||
| Ek is 'n inwoner van Bothmastraat in Delmas. Hierdie laaste 3 maande gaan ons letterlik deur hel met al die paaie wat gesluit is. Omrede Van der Walt straat toe is gebruik al die mense ons ou klein straatjie vir die hoofpad Pick 'n Pay toe. Daar is ook masiewe vragmotors wat hierdie straat gebruik dan hoop die verkeer so op dit staan tot by die ingang van die straat waar jy indraai by die Munisipaliteit. Dit veroorsaak baie probleme ons kan behoorlik nie in of uit ons eie opritte nie. Gister oggend 22 Mei 2011 toe ons Pick 'n Pay toe wil gaan is ons ook verras deur dat hulle nou die stuk van Samuel straat ook toe gemaak het en begin opkap het. Kan hulle nie net een pad op 'n slag opkap nie. Ons weet regtig nie meer waar 'n mens mag ry en waar nie. Dit sal waardeer word indien die Munisipaliteit dit tenminste aan die inwooners kan kommunikeer. Ontstoke Bothma Straat - Wilma Snyman. | ||
| Soek Vriendin | ||
| nats_bad het die volgende gesĂȘ op 2011-05-10 | ||
| Opsoek na Karien Verster(nooiens van) ons was saam in die Kinross NG Gemeente van omtrent std 2 1989-1994 ek dink. Met my oorlede boetie se vrou Cecilia se huwelik met Christoff Joubert het ek haar ma en suster Roxanne in Ds Marius Joubert se gemeent gesien in 2000/1. As iemand my kan help met enige inligting sal ek dit waardeer. Die Heilige Gees het haar op my hart gesit help my asb. Dit is belangrik! Natasha Badenhorst - 0846981026 | ||
| Eloff - Delmas Pad | ||
| bernedette het die volgende gesĂȘ op 2011-04-15 | ||
| Dit is nou so nice met die Eloff Delmas pad wat nuut geteer is, net jammer hul gaan nie nou aan met dit. kan hul nie net bietjie die los klippe van die pad af kry nie, ons venter en ons ligte is nou al deur die klippe stukkend geskiet, ons het dit nie eers n week terug vervang nie, en dis weer stukkend!! | ||
| Dankie vir pad herstelwerk: | ||
| dmadmin het die volgende gesĂȘ op 2011-04-12 | ||
| Wil net dankie se vir die pad wat nou mooi lyk van Sundra na Delmas behalwe vir die dat ek 2 van my bakkies se vensters moet vervang van los klippe wat op geskiet is deur trokke wat verby ry. Kan daar ook nou maar plan gemaak word met die pad wat van Delmas na Bronkhorstspruit gaan asb. Groete Maryna Mosterd | ||
| Voertuie met klippe bestook | ||
| adrie het die volgende gesĂȘ op 2011-03-30 | ||
| Ek was vanoggend oppad werk toe in die rigting van Sundra na Delmas, toe ek sien hoe 'n voertuig in die mielielande weggesteek word en die mense se voertuie met klippe bestook word. Wees asseblief versigtig, daar was ongeveer vier en vyf swart mans wat aan beide kante van die voertuig gestaan het en die verbykomende voertuie met klippe so groot soos tennisballe gegooi het. Die voertuig waarin hulle gery het is 'n Maroon Toyota Cressida, met geel letters geskryf DELMAS TAXI ASSOCIATION Reg nr: CSW 077 MP Adrie Erasmus | ||
| Swak en vuil toilet geriewe by Willowbrook Square (Mall) ... | ||
| dmadmin het die volgende gesĂȘ op 2011-03-23 | ||
| Ek was 'n tyd gelede vinnig in Delmas, daar was net nie tyd om iemand op te soek vir my klagte nie, maar ek kon dit nie daar laat nie: by die winkelsentrum wou ek en my dogter die toilette gebruik, maar ons het net daar omgedraai en maar uitgehou. Dit was in 'n aaklige toestand, vuil, geen toiletpapier nie. Ons woon al 4 jaar in ZambiĂ« en is alle soorte geriewe gewoond. In sentrums hier en in Botswana kry jy wisselende grade van netheid, maar wat ons op Delmas ervaar het, was totaal onaanvaarbaar. Al kom ek dalk nooit weer op Delmas nie, sal ek bly wees as my klagte onder die regte persoon/bestuur se aandag kan bring, sodat ander besoekers 'n beter "herinnering" aan Delmas se winkelsentrum sal hĂȘ. Groete Gerda Eloff | ||
| Oppipad groet sy getroue ondersteuners .... | ||
| dmadmin het die volgende gesĂȘ op 2011-03-15 | ||
| Hiermee wil Andries en Thea, ân ieder en elk bedank vir hul lojale ondersteuning aan ons besigheid die afgelope 6 en ân half maande wat tot ons Koffiehuis/Kwekery se bestaan gehelp het. Ons het uit as begin om ân vriendelike, gesellige atmosfeer te kon skep, met harde werk en positiwiteit het ons gekom tot waar Oppipad vandag is. Ongelukkig moet ons nou Oppidad se deure sluit, wel op ân goeie basis, maar weens onetiese en oneerlike besigheidsoptrede en mense se woord wat niks beteken en werd is nie. Ons is egter nou in ân woestyntyd maar glo dat die Liewe Vader nie slaap nie. Weereens ân bewys dat Suid Afrikaners nie die son sien skyn oor ân ander. Waarom sal jy 20c aan ân ander een afstaan as jy vir jouself 40c kan in? Onthou dat jy nie aan ân ander doen wat jy nie aan jouself gedoen wil hĂȘ nie. Dit is ook dan so dat Delmas inwoners daarvan hou om te praat oor ander en verkeerde feite weer gee. Maak reg terwyl daar nog tyd is waar jy gehandel en wandel het. Kry die feite in plek voor die tonge los raak, dit kan jul dalk net duur te staan kom. Ons glo en vertrou ons sal gou weer ân soortgelyke besigheid kan skep, met positiewe en ân welkome atmosfeer sonder enige negatiewiteit waar ons lekker kan saamkuier heerlike geregte en geurige koffie. Ons bedank jul weereens en groet jul met ân âAu Wiedersiensâ Vriendelike Oppipad groete. Andries & Thea | ||
| ShellySwan about the Driving School | ||
| dewet1991 het die volgende gesĂȘ op 2011-03-15 | ||
| plaese contack me urgently. I have all the information that you need!!! They also scamed me and a few other people I know!!! I'm busy building up an court case against them. I would have contacted you but you didn't leave any contack information!!! My cell number is: 073 200 1305 | ||
| Driving School | ||
| shellyswan het die volgende gesĂȘ op 2011-01-12 | ||
| I would like to know if there is anyone else that was SCAMED by DJ Driving school. I approached this company last year, paid the full amount of R1250 for learners and drivers. Managed to eventually get learners but then after a few lessons they closed door without letting any of the other clients now. And now my learners has expired and i have to start all over again. And lay out more monies cause i cannot find the Owners of DJ. If you can help in contacting them i would appreciate this. I do not see why i should have to fork out another R620 for learners through one school for learners and then another R 800 for the drivers. This was not fair on me or any of the other clients that they had. If there is anyone out there that knows of a place i can through that will not SCAM me please let me know. Thank you . Sheldene Swan | ||
| Willow Brooke Square - parkering (nuwejaar) | ||
| francois82 het die volgende gesĂȘ op 2011-01-03 | ||
| Dit was skokkend om te sien wat Sondag middag by Willowbrooke Square gebeur het! Die taxi's het een vir een daar in gery, die hele wereld om gegooi en al hul gemors net daar gestrooi. Nou ek is seker maar daar staan mos duidelik dat geen taxi's toelaatbaar is in die parkering nie( of verstaan ek dit dan verkeerd) hul het letterlik die perseel oorgevat en gemaak asof dit n nuwe JOL is in Delmas. Wat my die meeste verbaas het is toe die polisie daar opdaag en net geen aksie geneem het teen hulle nie, en selfs die sekuriteit van die sentrum? Ek vra myself die vraag af: was dit nou om ons uit te tart of was daar dan geen ander plek wat hulle kon gaan verwoes het nie? Francois v Staden | ||