Messages contained on this page does not reflect the views of DelmasMall.co.za.
Only subscriped users can contribute to this page.
| Envirofriendly timber frame Building System | ||
| henniei het die volgende gesê op 2010-08-22 | ||
| Opgewonde sien ek en my vrou die oprigting van die oulike "groen" huis en krap onmiddelik op die internet rond om die vervaardigers op te spoor. Ons vind toe EBS homes en stuur dadelik 'n epos vir meer inligting. Drie weke later met twee Eposse verder het ons nog geen reaksie ontvang nie. Dit wil vir my voorkom dat Delmas ook net een van die huise gaan he. Ek wag nou maar angstig om die voltooide huis te sien, maar sal seker nooit weet of dit die moeite en geld werd is nie. Hennie | ||
| Delmas Munisipaliteit R28 mil | ||
| mstrauss het die volgende gesê op 2010-08-19 | ||
| Dis met afgryse dat ek van die R28 mil skuld-afskrywing lees. Watse insentief is daar vir die arme, vuisvoos, betalende belastingbetaler?My rekening vir Julie skuif op met R3000 na R6500. Ek doen navraag oor hierdie BUITENSPORIGE rekening - ek word meegedeel my gras is groen, so ek moet maar betaal!!! Vir die oningeligtes, dit is wilde wintergras - dit vertoon groen in die winter. Ek kon by vorige navrae geen rekord van my lesings kry nie - nou blykbaar ook nie. Ek het nie eens 'm swembad nie, maar my waterrekening is amper R2000 ten spyte van die winter?? Ek het skriftelik en telefonies navraag gedoen. Ek word egter op 'n syspoor gerangeer. Tydens die begroting en die aanbod dat daar vertoë gerig kon word oor hoekom skuld 50% betaal of afgeskryf moes word, het my faks-navraag ook geen reaksie gekry nie. Nog 'n probleem is dat ek die dienste-rek elektronies oorbetaal (direk van ABSA na ABSA) en bewys word gefaks (en betyds!!)- maar om een of ander duister rede word die geld twee of drie later geallokeer en telkens word rente gehef. 'n Rand hier of daar maak seker nie saak nie, maar hoeveel ondervind dieselfde probleem? Dit kan 'n aardige bedraggie beloop. Word ons onbewustelik hoër belas om vir ander te betaal, wie se skuld weer eenvoudig later afgeskryf sal word?? Is dit nie maar net weer eens 'n klassieke geval van verantwoordelike inwoners wat maar net die prys betaal nie? Ek plaas hierdie skrywe op delmasmaal, want geen reaksie word van die Munisiplateit ontvang nie. | ||
| PLUBBER ! LOODGIETER ! | ||
| greylingj het die volgende gesê op 2010-08-04 | ||
| Op die 19de Maart 2010 was daar n verwysing geplaas na n goeie loodgieter in Delmas. Aangesien die lof oor JULUIS het ek tot my spyt JULIUS aangestel om water pype in die dak te vervang en ook dan die plafon in te sit. JULUIS het 4 ure na die afspraak eers opgedaag,vooraf geld gevra vir materiaal en daar aangekom sonder n leer. Die aand nadat die pype in was het die huurders my gebel oor geen water uit die warm water krane en water wat uit die dak drup. Die plafon was swak gedoen en onafgerond. Ek het hom betaal en ons het afgespreek dat hy die volgende dag dit sou kom regmaak aangesien ek vir die volgende paar dae nie in die land sou wees nie. JULUIS het nie sy werk klaar gemaak nie en hy het met my geld weggeloop. Juluis het ook nie sy foon geantwoord na ek hom daarna talle maal probeer bel het nie. My Huurders was n week sonder warm water in die middel van die winter. AS ENIGE IEMAND NOG SO ONDERVINDING MET JULIUS GEHAD HET ASB SKAKEL MY SODAT ONS N STOP KAN SIT AAN MENSE WAT VOORGEE HULLE KAN DIE WERK DOEN EN KANSE VAT. Johan Greyling 0724328689 | ||
| Vrydag die 11de | ||
| tersia p het die volgende gesê op 2010-07-02 | ||
| Wat 'n wonderlike gevoel om Vrydag oggend met die geluid van vuvuzelas te kon wakker word! Ek hou die webblad al vir drie weke dop om te hoor of ander ook so gedink het, maar helaas! Ek trek vir weke al my sokker hemp aan,en voel trots op Bafana Bafana. Vrydag trek ek my Bafana hempie aan (het al skelm geoefen om die vuvuzela te blaas, al het al die bure my gehoor) en haas my na my werk. Die gees op die myn is ongelooflik! Dit is vir my wonderlik om deel te wees van hierdie groot geleentheid. Twee uur is dit 'n gejaag huis toe om vir die eerste keer in my lewe 'n hele wedstryd van Bafana te kyk - ek hoop dit is goed! Net eers gou "mall" toe gaan. Die hele pad na die "Mall" is ongelooflik, die opgewondheid, die hemde, die brille, die hare, die laggende gesigte - wit en swart! En ek is deel hiervan. Ek onthou goed hoe ek en my gesin vasgenael voor die tv gesit het en net so hard geskreeu het. Ons gesin was deel van hierdie groot gebeurtenis! Dit was wonderlik, maar so neem ons entoesiasme af, met elke wedstryd! Dinsdag trek ek weer my hempie aan, haas my na my werk - maar wat! Almal het klaar opgegee, ek is al een met my hemp, al een wat positief bly. En toe is ons uit. Plan B is natuurlik om vir die beste span te speel, maar wat weet ek, Portugal se mans is gode, ek stem vir hulle! En helaas, weereens is ek sonder 'n span. Het nou ook nie meer 'n plan nie. Ek sit op die oomblik op die draad en kyk maar na wie speel, die gees van die buitelanders is ongelooflik. Ek weet ten minste dat ek en my gesin, net een keer ons lewe, deel van Vrydag, die 11de, Wat 'n amazing gevoel! En is ek trots om Suid Afrikaans te wees en om vir Bafana Bafana te kon skree! Delmas - ek is trots op julle en op Vrydag die 11de. | ||
| Dankie aan die 'padwerkers' in Eloff | ||
| riette het die volgende gesê op 2010-05-30 | ||
| Ek glo ek praat namens baie van ons, wat wil dankie se vir die mense wat die pad opgevul het by die brug so paar naweke terug. Na maande en maande steur die munisipaliteit hulle nie aan die pad nie en nou moet die mense wat belasting betaal dit self doen. Hulle het etlike ure gewerk. Ek weet nie wie julle is nie, maar weereens baie dankie. Francois en Riette van Rooyen | ||
| J Grassman Sport Academy: | ||
| dmadmin het die volgende gesê op 2010-04-28 | ||
| Everyone who is interested in receiving tennis coaching in the Delmas area, is welcome to attend the first information and evaluation session. I understand that the Netbal and Rugby practices might go on till after 15h00, but attend any time as soon afterwards as possible. On Monday I will be giving information regarding racquettes, registration, dates and times as well as evaluating children for placement into different groups. Contact Jacky: 073 720 0690 | ||
| Dankie aan die matrone en personeel van Ons Eie! | ||
| dmadmin het die volgende gesê op 2010-04-25 | ||
| Namens Cansa Delmas wil ons vir ‘matrone” Annelie Steyn en haar personeel bedank vir wat hulle alles vir Lizette van Wyk en ons gedoen het. Baie dankie vir julle ondersteuning en liefde teenoor Lizette. Ons waardeer dit opreg. Vriendelike groete, Linn Swanepoel | ||
| Dink 'n bietjie hieroor na | ||
| mariaan het die volgende gesê op 2010-04-15 | ||
| Nie deur krag of deur geweld nie, se die Woord van God. Baie van ons wil geweld met geweld antwoord. Dit is menslik. As iemand nie daarmee begrip het nie, is dit net so onmenslik. Niemand is volmaak nie. Ons moenie toelaat dat iemand soos Eugene Terre'blanche verniet gesterf het nie. Geweld kan nie met geweld geantwoord word nie. Dit veroorsaak vreeslike ellende. Moenie dat borrellende jong bloed groter smart in ons land ontketen nie. Dink asb aan die kinders en bejaardes. Hosea 4:2 "hulle sweer en lieg en moor en steel en pleeg owerspel, hulle breek in, sodat bloedbad aan bloedbad raak. Kom ons vereer God vir Sy verlossing van ons volk. Hy wil dit graag vir ons doen, want ons is kinders van die Lewende God (Hosea 1:10) Kom ons volg ons vermoorde leier se voorbeeld. Om te vergewe en te seen, maak baie dinge reg, want dan neem God oor en vreeslik is dit om te val in die hande van die lewende God. Ons kan onsself nie so goed verdedig sonder die nodige wapens soos wat God dit kan doen nie. Hy se Hy se in Hosea 2:5 dat hy die kwaaddoeners se paaie met dorings sal toemaak en dat hulle nie hulle paaie sal vind nie. Ons as volk moet leer om te bid. Ons moet die Bybel lees soos wat Eugene Terre'blanche dit gelees het. Ons weet nie, daarom het ons nie. Ek het reeds begin bid, want ek besef dat 'n handjie vol mense desperaat afhanklik is van hulle God om hulle te help. In 1990 het ek gedroom van baie mense wat in wit geklee was en in sewes langs mekaar in gelid gestap het. Ons het Bybels by ons gehad en geen wapens nie. Langs die pad waarop ons gestap het, was ander mense, maar hulle het donker en dreigend voorgekom. Sommige het geskree en met mekaar rusie gemaak, maar ons het stil gestap. Ek het in die droom vir die Here gevra waarom ons nie met hulle baklei nie en die Here het my geantwoord dat ons die vredesmag van God is en dat ons nie nodig het om te baklei nie, Hy sal vir ons stry. Uit die geledere van die donker magte het 'n man na vore getree en hy het baie groot swart vlag met 'n draak op hoog in die lug ingeskiet. Skielik het 'n man in volle gevegsmondering voor God se weermag van vrede opgestaan en hy het die vlag met een skoot uit die lug geskiet. Ek ken nie wapens nie, maar ek kon sien dat die geweer gelyk het soos 'n weermag diens geweer. Die vlag het op 'n amper onsienbare hopie op die grond geval. Die vegtende donker magte kon niks aan ons doen nie. Hulle het na mekaar gegryp, geskree en onder mekaar baklei. Dit het gelyk asof hulle nie bv magte was om iets aan te doen nie en dat dit hulle so woedend gemaak het. God het ons veilig gehou. Kom ons bid en vertrou die Here om ons te beskerm. Ek het een nag in 1997 gebid en in 'n visioen gesien dat baie skaduwees op die sypaadjie waar ons woon rondsluip. Ek het geweet dat hulle gekom het om ons dood te maak. Wat vir my wonderlik was, is dat hulle glad nie eens na ons huis gekyk het nie. Ek weet soos wat ek weet, dat gebed sake kan verander! Ons sien deur 'n kwaai bril. Probeer om deur Jesus se bril te kyk. Dis ons redding. Dankie vir al die bidders wat hierop reageer. Mag God ons volk seen en behoed en mag Hy Sy vrede vir ons almal gee. Mariaan Stiglingh | ||
| Redstar Race Way Buite Delmas | ||
| redstar het die volgende gesê op 2010-03-29 | ||
| Goeie Dag. Graag wil ek dit onder u aandag bring dat ons tans besig is om n nuwe ren baan te bou net buite Delmas.Die nuwe ren baan gaan net vir motorfietse geskik wees en geen voertuie sal daar op toe gelaat word nie.Daar is wel n 1/4 mile wat geskik gaan wees vir die gene wat mal is oor spoed.Omrede ek nie Delmas ken nie kan ek nog nie se hoe ver uit Delmas die nuwe baan is nie maar dus ongeveer so +- 7 tot 8 km.Hou gerus die koerante dop en ek sal nader aan die tyd meer inligting plaas oor die baan en opening. Vriendelike Groete Frederik Venter Director Redstar Event Emergency Service 072 328 1473 | ||
| Die Believers VEK. ( Kruisgenerasie) Delmas | ||
| roland het die volgende gesê op 2010-03-24 | ||
| Bedank almal teenwoordig by optrede en diens op 21 Maart 2010, dit was 'n reuse sukses,baie dankie ook aan die wat gehoorsaam was aan die Woord,volharding is die antwoord. Ria ons waardeer jou vir die gebruik van Delmas Mall dankie. Roland Scott 0833489478 | ||
| Ek het onlangs 'n verassende | ||
| dmadmin het die volgende gesê op 2010-03-19 | ||
| PLUMBER ! LOODGIETER ! SKAKEL NOU VIR JULIUS OP 0714116651 ! Het jy ook die res van die lokale loodgieters al probeer? Dit is eerder tyd om nou na die ware Jakob terug te keer! Nadat talle loodgieters nie my geblokte pyp kon regmaak nie, is ek na JULIUS 0714116651 verwys deur 'n goeie vriend. JULIUS het regtig moeite gemaak met my probleempie, totdat dit ten volle opgelos is. JULIUS het reggekry wat ander loodgieters beweer het nie opgelos kon word nie. JULIUS het ook 'n gebarste waterpyp in my dak herstel per geleentheid. JULIUS 0714116651 het nie net hoe gehalte werk gelewer nie... maar het selfs 'n paar dae later persoonlik gebel om te bevestig dat alles in orde is!!! Dit is ongehoord in hierdie industrie waar kliente diens maar 'n lae prioriteit is. viva JULIUS viva ! Groete, Paul Rudolph | ||
| Moet nie alle motorfietsryers oor dieselfde kam skeer nie! | ||
| dmadmin het die volgende gesê op 2010-02-14 | ||
| Goeie dag, Daar is darem hierdie week nie een keer gekerm oor bikes in die dorp nie, seker hoekom ons al die rëen gekry het. Die hele wêreld kerm nou oor die 4 wheelers en bikes in die dorp, maar hulle skeer nou almal onder die selfde kam, almal ry nie soos Brakpanners nie. Ek het self ook `n 4 wheeler en ry gewoonlik met my kinders of my gesin in die park, met helmets aan en ons ry versigtig, as ek alleen is gaan ek met my bike uit tot by die Geluk grondpad en speel daar tot ek moeg is. Almal kla oor die honde wat raak gery word, is dit net bikes wat honde kan trap? Wat soek die honde in die eerste plek in die straat en sou julle dieselfde gevoel het as `n kar die hond raakgery het en aangehou ry het. Nou vra ek net, wat as `n boerboel iemand in die straat byt, wat dan? Verstaan my mooi ek keur glad nie die persoon wat verantwoordelik was vir die arme hond se dade goed nie, ek dink daai persoon is 'n lafaard om die hond net so te los en weg te jaag. Wat ek eintlik net wil bewys is dat die bike storie nog vir baie lank kan aangaan, ons kan sit en mekaar die skuld gee vir alles maar op die einde van die dag moet almal gelukkig wees. Laat die munisipaliteit dan vir ons `n plek gee waar ons kan ry, jy kan enige sport in Delmas doen maar nie bike ry nie. EN EK WEET HOE RY VAN DIE MANNE, DIS SCARY EK KEUR DIT NIE GOED NIE MAAR DIS NIE ALMAL NIE Koos Bekker | ||
| double standards | ||
| francois het die volgende gesê op 2010-02-09 | ||
| Well people it is amazing and almost embaresing to see how nice the Delmas soccer field is looking, but when you move over to the rugby field,??? Well we have started 3 weeks ago with practice and still nobody from the municipality had even conciderd even putting up our poles or cutting the grass. After numourous calls to the appointed and responsible people still no results. What should we do for results? should we rather start playing soccer to have somebody look after our field also? Francois | ||
| Alarms | ||
| tersia p het die volgende gesê op 2010-02-05 | ||
| Ek wil graag 'n klip in die bos gooi en sê mense, julle alarms!! Wat gaan aan? Dit is veral die huis alarms wat tydig en ontydig skree. Besef julle nie dat julle tans wolf-wolf skree nie, wie gaan regtig kyk as jou alarm skree nie? Ons raak net meer en meer ongeduldig omdat die alarms bly skree. Dit is interessant om te hoor dat die alarms nie die skuldiges pla nie. Nee, net die bure is raadop. Buurman - ek weet presies hoe laat jy in die oggend opstaan, hoe laat jy gaan slaap in die aand en dat jy selfs 2 uur in die oggend opstaan om water te gaan drink of sal dit wees om te kyk of jou kinders slaap? Elke keer is dit 'n gepiep-piep. En moet dan nie vergeet as die alarm sommer net afgaan nie, al is dit in die middel van die nag. Almal om jou is wakker en wens dat jy tog net die alarm kan afsit, niemand loer meer om te kyk wat aangaan nie. Ek en my ander bure het almal alarms en ek belowe jou, nie een van ons alarms maak so 'n lawaai nie. Dink asb aan jou bure en gaan praat met Maksimum om vir jou 'n oplossing te gee, want elke keer as ek dink ek raak aan die slaap is dit weer piep-piep. Dit is ongelooflik om te besef dat een persoon so selfgesentreerd kan wees en nie sy bure in ag neem nie. Nou ja, ek beter afsluit en wag vir die piep-piep voor ek gaan slaap, o ja, dan weer 2uur piep-piep. Piep-Piep Groetnis Tersia P | ||
| MOTORFIETS RYERS IN DELMAS | ||
| alette het die volgende gesê op 2010-02-02 | ||
| DIT IS NOU GENOEG........ ONS BLY OP N PLOT IN 5DE STRAAT AGTER STICKER & SIGN WORLD. DAAR RY GEREELD OP NAWEKE MOTORFIETSE OP EN AF IN DIE STRAAT WAT IN DIE EERSTE PLEK SO N LAWAAI MAAK DAT GEEN MENS HOM SELF KAN HOOR DINK NIE. | ||
| ABSA | ||
| annamariew het die volgende gesê op 2010-01-29 | ||
| I am the owner of CJ Auto Repairs and a client of ABSA in Delmas. I get very annoyed each time I get send off because I dont carry my ID book with me. What's wrong with showing my drivers licence instead? Am I the only idiot who is afraid of loosing his identity to some criminal and rather keep my ID in the safe than in my pocket? My wife banks at FNB, and she only shows her drivers licence to receive bank statements, do debit transfers, etc.I also receive all my parcels from the local post office by showing my drivers licence. If I have to be send off once again because of an ID, nothing will stop me from closing my bank account with ABSA! CJH Wentzel | ||
| ROAD LAWS!!!!!!!!!!! | ||
| 5209125113 het die volgende gesê op 2010-01-24 | ||
| Please someone tell me , maybe I slipped up somewhere.Is there a regulation at government that taxis may go through red robots and through stop signs? Secordly are the security firms that collect the money at banks got their own set of rules..? Like travelling over the speed limits, going through red robots and stop signs, overtaking anywhere and anytime and parking anywhere? They are endangering the lawabiding citizens of this country. Let them put signs on the back of their vechiles .... REPORT BAD DRIVING TELEPHONE....... and then let us see what happens! Tony du Preez | ||
| sundra | ||
| concerned het die volgende gesê op 2010-01-22 | ||
| At a well known cafe in Sundra last night I was looking at their notice board when an ad caught my eye "LADIES REQUIRED FOR GENTELMANS CLUB IN SUNDRA,PRIVATE AND DISCREET",now I am sure I am not the only mother and resident of sundra who does not want this in my town especially with all the worries of the world cup abductions, child rape etc already happening.We as the community of Sundra need to stand up and have our voices heard. Monica Hawker | ||
| Motorfiets probleme in Delmas | ||
| henniei het die volgende gesê op 2010-01-16 | ||
| Ek lees met verbasing oor die gejaag van motorfietse in Delmas. Ek self is 'n verantwoordelike motorfiets ryer en woon in Delmas. Hier sien ek omtrent nooit motorfietse nie en het nog nooit 'n motorfiets gesien vinnig ry nie, maar wel motors, trokke en taxis. Wonder maar net waarom motorfietse uitgesonder word. Hennie Ingram | ||
| Prepaid Elektrisiteit | ||
| ansteyn het die volgende gesê op 2010-01-12 | ||
| Ek het nou al 'n paar mense se kommentaar gelees oor krag koop oor naweke en somtyds deur die dag ook waar daar elle lange rye staan. Ek het nou al in baie dorpe gesien waar jy krag kan koop by Pick en Pay en dan ook oor die internet. Ek het nou al, alle maniere gebruik om te kyk of ons in Delmas dit ook kan doen en tot my spyt kan ons nie. Met wie kan ons gesels en / of hoe kan ons ook van die fasiliteite gebruik maak. Ek werk nie in Delmas nie en ek weet daar is baie mense wat in die stede werk en al wanneer ons kan krag koop is oor naweke. Dan is die rye of verskriklik baie lank of 'n mens moet laat in die aand koop wat ook maar nie van die veiligste is nie. Enige voorstelle? Amanda Steyn | ||
| Motorfiets gejaag in Delmas ... | ||
| dmadmin het die volgende gesê op 2010-01-11 | ||
| Ek wil graag die dame wat gesels oor die motorfietse oor naweke ondersteun.Ek is een Sondag gedurende die vakansie tyd deur 'n baie arrogante jong mannetjie op 'n 2 wiel fiets deur die dorp agtervolg en uit gedaag en getart nadat ek hom aan gespreek het oor sy gejaag in die state om die golf baan. Waar is die dae waar sulke mannetjies deur die greg aan gespreek was en soms sommer nog ook 'n behoorlike pakslae gekry het as hulle nie die res van die gemeenskap respekteer nie.Ek het niks as hulle ry en jaag nie maar doen dit op die paaie en terreine buite die dorp waar hulle nie mens en dier se lewe versuur nie.Wat doen die verkeers afdeling omtrent dit want die gejaag vind plaas om en naby hulle huise ook. Johann Smit | ||
| Vierwiel Motorfietse in die dorp | ||
| cindynaude het die volgende gesê op 2010-01-06 | ||
| Ek wil graag weet of daar iets te doen staan aan al die tweewiel- en vierwielmotorfietse wat soos besetenes in Delmas se strate rond jaag!! In die Huyser, Bester en Pickhard Straat gaan dit wild oor naweke! Ek het 'n eenjarige baba dogtertjie wat nie kan slaap met al die lawaai nie, en as sy buite speel en die motorfietse jaag daar verby gaan sy aan die huil van skrik. Twee jaar terug het ons self vierwielmotorfietse gehad en daar is aan ons gesê om dit op waentjies te laai en buite die dorp te gaan. Nou wonder ek nou net hoekom kan ander kinders met en sonder valhelms die klein kinder en diere so ophol jaag. Asseblief mense as jy dan nou moet in die dorp ry, ry dan teen 'n baie lae spoed soos 'n beskaafde opgevoede mens, sodat die geraas nie ander inwoners steur nie. Cindy Naude | ||